2 Samuel 2:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Joab: So waar as God leef, as jy nie gespreek het nie, dan het die volk sekerlik in die môre opgetrek, elkeen van sy broer agterna.
Afrikaans (NLV) 2011
Joab antwoord: “So waar as wat God leef, as jy nie nou gepraat het nie, sou die manskappe eers teen die oggend opgehou het om hulle broers te agtervolg.”
Afrikaans 1933/1953
En Joab antwoord: So waar as God leef, waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan.
Afrikaans 1983
Joab het geantwoord: “Waarlik, God weet dit, as jy nie nou gepraat het nie, sou ons die volk tot môreoggend laat veg het, en dit nogal broer teen broer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Joab antwoord toe: “So waar as God leef, as jy nie gepraat het nie, sou die manskappe almal eers teen die môre teruggeval het van die gejaag agter hulle broers aan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Joab het toe gesê: “As jy nie gepraat het nie, dan sou die manne aangehou het om hulle broers te jaag tot die oggend toe. Dit is so seker soos God lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe skree Joab terug: “So waar as God leef, as jy net vroeër gepraat het, het ons vanmôre al opgehou om mekaar aan te val!”