2 Samuel 2:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarop het Joab op die basuin geblaas, en die hele volk het stilgestaan en Israel nie meer agternagesit en nie meer geveg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Joab het toe op die ramshoring laat blaas en sy manskappe het die agtervolging van Israel gestaak.
Afrikaans 1933/1953
Toe blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het stilgestaan en Israel nie langer agternagejaag en nie verder meer geveg nie.
Afrikaans 1983
Toe het Joab die ramshoring geblaas. Al die manskappe het gaan staan en Israel nie meer agtervolg nie en hulle het nie verder geveg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Joab het daarna op die •ramshoring geblaas, en al die manskappe het gaan staan. Hulle het nie meer die Israeliete agtervolg nie, en ook nie verder geveg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Joab het die ramshoring geblaas, en al die manne het gaan staan. Hulle het nie meer die Israel-manne gejaag en aangehou veg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Joab het op ’n ramshoring geblaas. Die manne het gaan staan en opgehou om die Israeliete te jaag. Die geveg het daar opgehou.