2 Samuel 2:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Abner en sy manne het daardie hele nag deur die vlakte gegaan en deur die Jordaan getrek en die hele Bitron deurgetrek, en hulle het in Mahanaim gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Abner en sy manskappe het deur die nag met die Jordaanvallei langs getrek. Hulle het deur die Jordaanrivier gegaan en die oggend verder getrek totdat hulle by Maganajim aangekom het.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en in Mahan im aangekom.
Afrikaans 1983
Abner en sy manskappe het die nag deur met die Jordaanvallei langs getrek. Hulle het die Jordaan oorgesteek en Maganajim al met die Bitronloop langs bereik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner en sy manne het daardie hele nag deur die Araba getrek. Hulle het die Jordaan oorgesteek, die hele voormiddag getrek en in Maganajim aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Abner en sy manne het daardie hele nag deur die Jordaan-vallei geloop. Hulle het oor die rivier gegaan en hulle het die volgende middag by die stad Maganajim gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Abner en sy manne het daardie hele nag getrek. Hulle is deur die Jordaanvallei en oor die rivier. Hulle het eers laat die volgende môre by Maganajim aangekom.