2 Samuel 2:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Joab het teruggekeer van agter Abner af, en toe hy die hele volk bymekaar laat kom het, het daar negentien man en Asahel ontbreek aan die dienaars van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Joab die agtervolging staak, het hy sy soldate bymekaargeroep. Benewens Asael het net negentien gekort.
Afrikaans 1933/1953
En Joab het omgedraai agter Abner weg en al die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en Asahel vermis.
Afrikaans 1983
Joab het die agtervolging van Abner gestaak en die manskappe bymekaargeroep. Toe hulle Dawid se soldate tel, was daar behalwe Asael nog negentien man kort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Joab het teruggekeer van sy agtervolging van Abner en al die manskappe byeengebring. Van die volgelinge van Dawid het negentien man en Asael ontbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat Joab opgehou het om vir Abner te jaag, het hy al die manne laat bymekaarkom. Negentien van Dawid se manne was nie daar nie, en Asael was ook nie daar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nadat Joab opgehou het om Abner te jaag, het hy die manskappe almal bymekaargeroep. Die negentien man en Asael was al wat makeer het van Dawid se soldate.