2 Samuel 2:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin en van Abner se manne verslaan, sodat drie honderd en sestig man gesterf het.
Afrikaans (NLV) 2011
Aan die kant van Abner het 360 man, almal uit Benjamin, gesneuwel.
Afrikaans 1933/1953
Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin, naamlik onder die manne van Abner, geslaan -- drie honderd en sestig man het gesterwe.
Afrikaans 1983
Dawid se vegters het egter baie Benjaminiete verslaan. Onder Abner se soldate alleen was drie honderd en sestig dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die volgelinge van Dawid het onder die Benjaminiete 'n slagting aangerig: Van die manne van Abner was driehonderd-en-sestig dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Dawid se manne het 360 van Abner se manne doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar Dawid se soldate het 360 van die mense van Benjamin doodgemaak wat saam met Joab was.