2 Samuel 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou het die HERE guns en trou aan julle bewys, en Ek sal julle ook hierdie guns vergelde, omdat julle hierdie ding gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die Here ook aan julle getrou wees en julle beloon met sy onfeilbare liefde! Ek sal julle ook beloon vir wat julle gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
Mag die HERE julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.
Afrikaans 1983
Mag die Here ook aan julle liefde en trou betoon. Ek self sal ook nog 'n weldaad aan julle bewys omdat julle dit gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag die Here dan nou aan julle guns en trou bewys. Ook ek sal julle beloon vir hierdie daad wat julle gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En nou bid ek dat die Here lief sal wees vir julle en dat Hy ook goed sal doen aan julle. Ek sal self ook goed wees vir julle omdat julle hierdie goeie ding gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sal vir julle goed wees en julle onthou. Ek waardeer regtig wat julle gedoen het.