2 Samuel 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat dan julle hande nou versterk word en julle dapper wees, want julle heer Saul is dood, en ook die huis van Juda het My as koning oor hulle gesalf.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar nou moet julle sterk en moedig wees, want julle koning Saul is dood. Neem kennis dat die inwoners van Juda my as hulle nuwe koning gekroon het.”
Afrikaans 1933/1953
En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf.
Afrikaans 1983
Tree nou net moedig op en wees dapper, want julle koning Saul is wel dood, maar Juda het mý tot hulle koning gesalf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Skep nou moed en wees onverskrokke, al is julle heer Saul dood. Net nog dit: Hulle, die huis van Juda, het my gesalf as koning oor hulle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle koning Saul is nou dood, nou moet julle sterk wees en gereed wees om oorlog te maak. Daar is nog iets: Die Juda-stam het vir my gesalf om hulle koning te wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Noudat julle koning dood is, moet julle sterk en dapper wees. Ek wil hê julle moet weet die mense van Juda het my koning gemaak oor hulle.”