2 Samuel 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isboset, die seun van Saul, geneem en hom na Mahanaim gebring;
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Abner seun van Ner, die bevelvoerder van Saul se leër, het reeds met Saul se seun Is-Boset na Maganajim gegaan.
Afrikaans 1933/1953
Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isboset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahan im
Afrikaans 1983
Maar die hoof van Saul se leër, Abner seun van Ner, het vir Is-Boset seun van Saul gevat, hom laat deurtrek na Maganajim toe
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner, seun van Ner, die bevelvoerder van die leër van Saul, het egter Saul se seun Is-Boset geneem en hom na Maganajim laat oorgaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Abner seun van Ner, die hoof van Saul se leër, het vir Is-Boset seun van Saul na die stad Maganajim geneem
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Saul se generaal, Abner, die seun van Ner, het oor die Jordaanrivier na Maganajim toe getrek. Hy het Is-Boset, Saul se seun, saamgevat