2 Samuel 22:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
By die barmhartige sal U Uself barmhartig wees, en by die opregte mens Uself opreg betoon.
Afrikaans (NLV) 2011
Vir die getroues is U getrou; vir die opregtes is U opreg.
Afrikaans 1933/1953
By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
Afrikaans 1983
U betoon U getrou teenoor die getroue, opreg teenoor die opregte,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Teenoor getroue volgelinge tree U getrou op; teenoor die held wat onberispelik is, tree U onberispelik op;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U doen wat U belowe het vir die mense wat doen wat húlle belowe. U is altyd goed vir die mense wat net goed doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U sorg vir dié wat aan U getrou is; vir ’n mens wat voluit vir U lewe, gee U alles.