2 Samuel 22:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook het U my die skild van u heil gegee, en u sagmoedigheid het my groot gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
U redding is vir my ’n skild, u hulp maak my sterk.
Afrikaans 1933/1953
En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
Afrikaans 1983
Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, deur u hulp het ek sterk geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ U het vir my u skild van verlossing gegee; u antwoord maak my sterk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die skild wat U vir my gee, red my lewe, U help my, en dit gaan goed met my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U het my beskerm en my gehelp. U het my sterk gemaak toe U my gebed geantwoord het.