2 Samuel 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal die HERE aanroep, wat lofwaardig is; so sal ek van my vyande verlos word.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal roep tot die Here, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande.
Afrikaans 1933/1953
Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
Afrikaans 1983
Onder bespotting roep ek na die Here, dan word ek van my vyande gered.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Een wat geloof moet word – roep ek uit – is die Here! En van my vyande word ek verlos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, ek wil U prys, want U het my gered van my vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here moet geprys word, want as ek sy hulp vra, help Hy my teen my vyande.