2 Samuel 22:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want U het my met krag omgord om te veg; die wat teen my opgestaan het, het U onder my onderwerp.
Afrikaans (NLV) 2011
U het my met krag toegerus vir die stryd, my teenstanders aan my onderwerp.
Afrikaans 1933/1953
En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.
Afrikaans 1983
U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U omgord my met krag vir die geveg; U laat my teenstanders die knie voor my buig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U maak my sterk om oorlog te maak, U laat my vyande op hulle knieë staan voor my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het my die krag gegee om te veg; U het my vyande op hulle knieë gedwing.