2 Samuel 22:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Ek hulle geslaan so klein soos die stof van die aarde, Ek het hulle gestamp soos die modder van die straat en hulle uitgesprei.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek maal hulle fyn soos die stof van die aarde; soos modder op straat laat ek hulle uitmekaarspat.
Afrikaans 1933/1953
Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.
Afrikaans 1983
Ek maak hulle fyn soos stof, ek laat hulle wegspat soos modder in die strate, ja, ek vermorsel hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het hulle fyngestamp soos die stof van die aarde; soos modder in die strate het ek hulle verpoeier, ek het hulle vertrap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek slaan hulle fyn soos stof, ek trap op hulle soos ek trap op die modder in die paaie, ek trap hulle plat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het hulle stukkend getrap, ek het oor hulle geloop soos ’n mens oor stof en modder in die strate loop.