2 Samuel 22:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam psalmsing.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom, Here, sal ek U prys voor die nasies. Tot eer van u Naam sal ek ’n loflied sing!
Afrikaans 1933/1953
Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;
Afrikaans 1983
Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here, tot eer van u Naam 'n lofpsalm sing!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom sal ek U prys onder die nasies, Here; u Naam sal ek besing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Daarom, Here, ek sal U prys sodat die volke dit kan hoor, ek sal sing oor u Naam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom wil ek U prys, Here, wil ek vir die mense sing tot u eer.