2 Samuel 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, maar Dawid het sterker en sterker geword, en die huis van Saul het swakker en swakker geword.
Afrikaans (NLV) 2011
Die gevegte tussen Saul se koningshuis en die ondersteuners van Dawid het lank voortgeduur. Gaandeweg het Dawid al sterker geword, terwyl Saul se koningshuis verswak het.
Afrikaans 1933/1953
En daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker.
Afrikaans 1983
Daar was 'n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid, maar Dawid het gaandeweg al hoe sterker geword en die nageslag van Saul al hoe swakker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was 'n uitgerekte stryd tussen die huis van Saul en die huis van Dawid. Dawid het al hoe sterker geword en die huis van Saul al hoe swakker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die oorlog tussen Is-Boset en Dawid het lank aangehou, maar Dawid se leër het sterker geword en Is-Boset se leër het swakker geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die gevegte tussen Saul se mense en Dawid se mense het lank aangehou, maar Dawid se mense het naderhand begin wen.