2 Samuel 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Goed; Ek sal 'n verbond met jou sluit, maar een ding eis ek van jou, dit is: Jy sal my aangesig nie sien nie, as jy eers Mikal, die dogter van Saul, bring as jy kom om my aangesig te sien.
Afrikaans (NLV) 2011
“Nou goed,” antwoord Dawid, “maar op voorwaarde dat jy Mikal, Saul se dogter, saambring wanneer jy my kom ontmoet.”
Afrikaans 1933/1953
En hy het gesê: Goed,,k sal met u 'n verbond sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of u moet eers Migal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te sien.
Afrikaans 1983
Dawid het geantwoord: “Goed, ek sal 'n ooreenkoms met jou sluit. Ek verwag net een ding van jou, en dit is dat jy nie met my moet kom onderhandel sonder om Saul se dogter Mikal saam te bring nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Dis goed,” het Dawid gesê. “Ek sal self met jou 'n ooreenkoms sluit. Daar is egter een saak wat ek van jou vra: Jy kry my nie te sien nie, tensy jy Migal, die dogter van Saul, saambring wanneer jy kom om my te sien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dawid het geantwoord en gesê: “Goed, ek sal 'n ooreenkoms maak met jou, maar ek vra vir jou een ding: Jy moet vir Mikal, dogter van Saul, saambring. As jy haar nie saambring nie, dan moet jy nie na my toe kom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid se antwoord was: “Dis goed so, ek sal ’n ooreenkoms met jou maak; maar op een voorwaarde: jy kom nie hier by my aan sonder Mikal, Saul se dogter, nie.”