2 Samuel 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Abner het ook voor die ore van Benjamin gespreek, en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was vir Israel en wat goed gelyk het vir die hele huis van Benjamin.
Afrikaans (NLV) 2011
Abner het ook vertroulik met die leiers van Benjamin gepraat. Daarna het hy na Hebron toe gegaan om vir Dawid vertroulik te sê wat vir Israel en Benjamin aanvaarbaar is.
Afrikaans 1933/1953
En Abner het ook voor die ore van Benjamin gespreek; en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was in die oë van Israel en in die oë van die hele huis van Benjamin.
Afrikaans 1983
Abner het self ook vertroulik met die Benjaminiete gaan onderhandel. Dit was ook hy wat vertroulik aan Dawid in Hebron gaan vertel het watter voorwaardes vir Israel en die Benjaminstam aanneemlik sou wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner het ook persoonlik met die mense van Benjamin onderhandel. Daarna het hy self gegaan om aan Dawid in Hebron alles oor te dra wat vir die Israeliete en vir die hele huis van Benjamin aanvaarbaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Abner het ook met die Benjamin-mense gepraat. Toe het hy vir Dawid in Hebron gaan sê die mense van Israel en die hele Benjamin-stam is gereed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Abner het ook self met die mense van die Benjaminstam gaan praat. Daarna het hy Hebron toe gegaan om self vir Dawid te sê dat die Israeliete en al die mense van die Benjaminstam tevrede was met die reëling.