2 Samuel 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarop sê Abner vir Dawid: Ek sal opstaan en gaan en die hele Israel by my heer die koning versamel, dat hulle 'n verbond met jou kan sluit en jy kan heers oor alles wat jou hart begeer. En Dawid het Abner weggestuur; en hy het in vrede gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê Abner vir Dawid: “Laat my toe om die hele Israel na u kant toe oor te haal om ’n ooreenkoms met u te sluit sodat u kan heers oor alles wat u hart begeer.” Daarna het Dawid vir Abner ongehinderd laat gaan.
Afrikaans 1933/1953
En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en die hele Israel by my heer die koning gaan versamel, dat hulle met u 'n verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan.
Afrikaans 1983
Abner sê toe vir Dawid: “Met u verlof gaan ek nou die hele Israel by u, die koning, bymekaarbring sodat hulle met u 'n verdrag kan sluit; dan sal u koning wees volgens u hartsbegeerte.” Dawid het daartoe ingestem en Abner het ongehinderd vertrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner sê toe vir Dawid: “Ek wil gereedmaak en gaan; ek wil die hele Israel by my heer die koning byeenbring, sodat hulle met u 'n ooreenkoms kan sluit, en sodat u oor alles wat u hart begeer, kan regeer.” Dawid het Abner weggestuur en hy het in vrede vertrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het Abner vir Dawid gesê: “Ek wil nou gereedmaak en ek wil al die leiers van Israel bymekaarbring by Meneer die koning sodat hulle 'n ooreenkoms kan maak met jou. Dan sal jy koning wees van al die mense. Ek weet jy wil hulle koning wees.” Dawid het gesê Abner mag gaan, en niemand het vir Abner probeer keer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
By die ete sê Abner vir Dawid: “U Majesteit, ek gaan die leiers van al die Israeliete hier na u toe bring sodat hulle met u ’n ooreenkoms kan maak. Dan kan u wens waar word en kan u koning wees oor die hele land.” Na die tyd het Dawid vir Abner laat gaan. Hulle is as goeie vriende uitmekaar.