2 Samuel 3:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Joab van Dawid af uitgetrek het, het hy boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het uit die put van Sira; maar Dawid het dit nie geweet nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Joab is weg van Dawid af en het boodskappers agter Abner aangestuur. Hulle het hom by die put van Sira ingehaal en hom saam met hulle teruggebring. Maar Dawid het niks hiervan geweet nie.
Afrikaans 1933/1953
En Joab het van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het.
Afrikaans 1983
Joab is toe van Dawid af weg en het boodskappers agter Abner aangestuur. Hulle het hom by die watergat langs die doringboom laat omdraai sonder dat Dawid dit geweet het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Joab het van Dawid af vertrek en boodskappers agter Abner aan gestuur. Hulle het hom van die opgaarput by Sira af teruggebring. Dawid het dit egter nie geweet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat Joab by die koning was, het hy vir Abner 'n boodskap gestuur en hy het Abner laat omdraai by Siras-put. Dawid het dit nie geweet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Joab het van Dawid af weggegaan en, sonder dat Dawid dit weet, manne agter Abner aangestuur om hom terug te roep. Hulle het Abner by Doringputs ingehaal en hom teruggebring.