2 Samuel 3:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is vir ewig ongestraf voor die aangesig van die HERE van die bloed van Abner, die seun van Ner.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Dawid dit agterna eers hoor, sê hy: “Ek en my koninkryk is onskuldig voor die Here oor die bloed van Abner seun van Ner.
Afrikaans 1933/1953
Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die HERE vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.
Afrikaans 1983
Dawid het dit agterna eers verneem en gesê: “Ek is vir altyd voor die Here onskuldig aan die moord op Abner seun van Ner, ek en my koningshuis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Dawid agterna daarvan hoor, het hy gesê: “Ek en my koninkryk is by die Here vir altyd onskuldig aan die bloed van Abner, seun van Ner.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Dawid dit later hoor, het hy gesê: “Die Here sal altyd weet dat ek en my familie onskuldig is, ons het nie vir Abner seun van Ner vermoor nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid het agterna eers gehoor wat gebeur het. Hy het gesê: “Die Here is my getuie dat ek en my regering nooit verantwoordelik gehou kan word vir die moord op Abner, Ner se seun, nie.