2 Samuel 3:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Dawid vir Joab en aan al die manskappe wat by hom was: Skeur julle klere en omgord julle met rouklere en treur voor Abner. En koning Dawid self het die baar gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê Dawid vir Joab en almal wat by hom was: “Skeur julle klere en trek rouklere aan. Rou oor Abner.” Koning Dawid het self agter die draagbaar in die begrafnisstoet na die graf toe geloop.
Afrikaans 1933/1953
Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.
Afrikaans 1983
Aan Joab en die hele leër by hom het Dawid gesê: “Skeur julle klere; trek rouklere aan en rou oor Abner.” Koning Dawid het self agter die draagbaar gestap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dawid het vir Joab en al die manskappe wat by hom was, gesê: “Skeur julle klere, trek rouklere aan en weeklaag voor Abner uit.” Koning Dawid het agter die draagbaar geloop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[31-32] Dawid het vir Joab en al die manne by hom gesê: “Julle moet julle klere skeur en rouklere aantrek, julle moet rou oor Abner.” Hulle het vir Abner in Hebron begrawe. Koning Dawid het geloop agter die mense wat Abner se lyk gedra het. Die koning het hard gehuil by Abner se graf, en al die manne het saam gehuil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna sê Dawid vir Joab en al die mense by hom: “Skeur julle klere en bind swart bokhaardoeke om julle lywe en loop in die stoet voor Abner se lyk.” Koning Dawid het self reg agter die draagbaar geloop.