2 Samuel 3:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning het oor Abner geweeklaag en gesê: Het Abner gesterf soos 'n dwaas?
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het hierdie klaaglied vir Abner gesing: “Moes Abner sterf soos ’n dwaas?
Afrikaans 1933/1953
En die koning het 'n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos 'n dwaas sterwe?
Afrikaans 1983
Die koning het 'n klaaglied oor Abner gesing: “Moes Abner dan so 'n eerlose dood sterwe?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het 'n klaaglied gesing vir Abner. Hy het gesê: “Moes Abner die dood van 'n dwaas sterf?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het 'n klaaglied gesing oor Abner. Hy het gesê: “Hoekom moes Abner sterf soos 'n dwaas sterf?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het dié klaaglied vir Abner gesing: Abner, waarom moes jy doodgemaak word? Asof jy niks werd is,