2 Samuel 3:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die hele volk gekom het om vir Dawid vleis te laat eet terwyl dit nog dag was, het Dawid gesweer en gesê: So doen God aan my, en so ook, as ek brood proe, of iets anders, totdat sononder is.
Afrikaans (NLV) 2011
Almal het Dawid op dié dag gesmeek om te eet terwyl dit dag was, maar hy het ’n eed afgelê: “Mag God my straf as ek enigiets voor sononder eet.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ek voor sonsondergang brood of enigiets proe.
Afrikaans 1983
Die hele leër het Dawid probeer oorreed om iets te eet terwyl dit nog dag was, maar hy het 'n eed afgelê: “Mag God my om die lewe bring as ek voor sononder brood of ander kos eet!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die manskappe het gekom om vir Dawid brood aan te bied terwyl dit nog dag was. Maar Dawid het 'n eed afgelê: “Mag God my swaar straf as ek aan brood of enigiets proe voordat die son ondergaan!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was nog dag, en al die manne het vir Dawid gesê hy moet eet. Maar hy het gesê: “Die Here moet my straf as ek enige iets eet of drink voordat die son ondergaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense het Dawid probeer ompraat om daardie dag iets te eet, maar Dawid het voor God gesweer hy sal nie sy mond aan iets sit voor die dag om is nie.