2 Samuel 3:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die koning aan sy dienaars: Weet julle nie dat daar vandag 'n vors en 'n groot man in Israel geval het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê koning Dawid vir die volk: “Besef julle dat ’n leier, ’n groot man in Israel, vandag geval het?
Afrikaans 1933/1953
Verder het die koning aan sy dienaars gesê: Weet julle nie dat vandag 'n vors en 'n groot man in Israel geval het nie?
Afrikaans 1983
Die koning het aan die onderdane by hom gesê: “Besef julle nie dat daar vandag 'n leier, ja, 'n groot man, in Israel om die lewe gebring is nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het vir sy dienaars gesê: “Besef julle nie dat 'n •aanvoerder en groot man op hierdie dag in Israel geval het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het vir sy manne gesê: “Julle moet dit weet, dit is 'n leier en 'n belangrike man wat vandag in die land Israel gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ná die tyd het Dawid vir sy amptenare gesê: “Julle weet natuurlik ’n groot leier van Israel is vandag dood.