2 Samuel 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Abner baie kwaad geword oor die woorde van Isboset en gesê: Is ek 'n hondekop wat teen Juda vandag guns bewys aan die huis van jou vader Saul, aan sy broers en aan sy vriende en jou nie verlos het nie in die hand van Dawid, dat jy my vandag 'n skuld aangaande hierdie vrou aankla?
Afrikaans (NLV) 2011
Abner het hom gruwelik vir Is-Boset vererg. “Is ek dan ’n hond wat Juda wil help?” skree hy. “Is dit die beloning wat ek kry ná alles wat ek vir jou pa se huis gedoen het deur julle nie aan Dawid uit te lewer nie? Nou vind jy fout met my oor hierdie vrou!
Afrikaans 1933/1953
Toe word Abner baie kwaad oor die woorde van Isboset en sê: Is ek dan die hondskop wat aan Juda behoort? Vandag bewys ek guns aan die huis van Saul, jou vader, aan sy broers en aan sy vriende; en ek het jou nie in die hand van Dawid laat raak nie, en tog verwyt jy my vandag die oortreding met 'n vrou?
Afrikaans 1983
het Abner hom gruwelik oor dié woorde vererg en gesê: “Dink jy dan ek is 'n lae hond wat Juda se saak wil aanhelp? Tot nou toe was ek getrou aan die huis van Saul en aan sy broers én sy vriende. Ek het verhoed dat jy in Dawid se mag val, en nou spreek jy my aan oor 'n vergryp met hierdie vrou!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner was baie kwaad oor die woorde van Is-Boset. Hy sê toe: “Is ek dan 'n hond wat aan Juda behoort? Vandag nog bewys ek trou aan die huis van Saul, jou pa, aan sy familie en sy vriende. Ek het jou nie in die hand van Dawid laat beland nie, en jy roep my vandag tot verantwoording oor 'n misstap met hierdie vrou!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Abner het baie kwaad geword omdat Is-Boset dit gesê het. Abner het gesê: “Dink jy ek wil teen jou veg saam met die mense van Juda? Ek het gebly by jou pa Saul se familie, by sy broers en sy vriende, en ek het jou beskerm teen Dawid. Hoekom is jy nou kwaad vir my? Hoekom sê jy ek het iets verkeerd gedoen met die vrou?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hieroor het Abner hom bloedig vererg. Hy sê toe vir Is-Boset: “Dink jy miskien ek is ’n skelm hond wat jou koningskap wil afneem omdat ek aan Juda se kant is? Ek was nog altyd getrou aan Saul, jou pa, se regering, aan sy familie en aan sy vriende. Ek het ook gekeer dat Dawid jou in die hande kry. En nou kom beskuldig jy my dat ek met hierdie vrou gelol het!