2 Samuel 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe iemand dit vir my sê en gesê het: Kyk, Saul is dood omdat hy gedink het dat hy 'n goeie boodskap gebring het, het ek hom gegryp en hom in Siklag gedood, wat gedink het dat ek hom vir sy boodskap sou beloon het.
Afrikaans (NLV) 2011
Een keer het iemand my kom vertel ‘Saul is dood’ omdat hy gedink het hy bring vir my goeie nuus. Maar ek het hom gegryp en daar by Siklag doodgemaak. Dit was sy beloning!
Afrikaans 1933/1953
hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! -- terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring -- het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;
Afrikaans 1983
Die man wat my in Siklag vertel het: ‘Saul is dood!’ het ek laat gryp en doodslaan as beloning vir so 'n boodskap, en hy het nogal gedink hy is iemand wat 'n goeie tyding bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
die een wat vir my 'n berig gebring het, ‘Kyk, Saul is dood!’ terwyl hy gedink het hy bring goeie nuus, het ek gegryp en hom om die lewe gebring by Siklag, hom aan wie ek eintlik die loon van 'n boodskapper moes gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
toe iemand vir my in Siklag kom vertel het dat Saul dood is, het hy gedink hy bring goeie nuus. Toe het ek hom gegryp en ek het hóm doodgemaak. Dit is wat ek vir hom gegee het vir sy goeie nuus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe ’n man in Siklag vir my kom sê het Saul is dood, het hý ook gedink hy bring vir my goeie nuus. Maar ek het hom laat vang en laat doodmaak. Dís die betaling wat hy gekry het vir sy boodskap.