2 Samuel 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom is U groot, HERE God, want daar is niemand soos U nie, en daar is geen God buiten U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie.
Afrikaans 1933/1953
Daarom is U groot, HERE God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
Afrikaans 1983
Daarom, groot is U, Here my God! Daar is niemand soos U nie. Buiten U is daar geen God nie, van hoeveel gode ons ook al gehoor het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, U is groot, Here, my Heer; ja, daar is niemand soos U nie. Daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons eie ore gehoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom, Here, my Here, U is groot, niemand is soos U nie. U alleen is God, ons weet nie van 'n ander God nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U is regtig groot, Here my God. Daar is niemand soos U nie, en behalwe U is daar geen god nie. Dit weet ons vir seker.