2 Samuel 7:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou, HERE HERE, is U daardie God, en u woorde is waar, en U het hierdie goedheid aan u kneg belowe.
Afrikaans (NLV) 2011
Nou, oppermagtige Here, U is God en u woorde is waarheid. U het hierdie goeie dinge aan u dienaar belowe.
Afrikaans 1933/1953
En nou, Here HERE, U is God en u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê.
Afrikaans 1983
“En nou, Here, U is God. U woorde sal bewaarheid word. U het hierdie goeie belofte aan u dienaar gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nou, Here, my Heer, U is God, en u woorde is betroubaar. U het hierdie goeie woord oor u dienskneg uitgespreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En nou, Here, my Here, U alleen is God, en U sal doen wat U gesê het. U het hierdie goeie ding gesê oor u dienaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Groot Here, U alleen is God. U woorde word waar; ook hierdie mooi woorde wat U vir my gesê het.