2 Thessalonians 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ons is verplig om God altyd vir julle te dank, broeders, soos dit betaamlik is, omdat julle geloof uitermate groei en die liefde van elkeen van julle almal oorvloedig is;
Afrikaans (NLV) 2011
Broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter!
Afrikaans 1933/1953
Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,
Afrikaans 1983
Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos dit gepas is, moet ons God altyd oor julle dank, broers, omdat julle geloof uitermate groei, en een en almal van julle se liefde vir mekaar toeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, ons wil altyd vir God dankie sê oor julle, en ons moet dit doen, want julle glo meer en meer en julle almal is meer en meer lief vir mekaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My broers en susters, ons dank God altyd vir julle. Hoe anders? Want die wonderlikste dinge is daar by julle aan die gebeur: julle vertroue in die Here word by die dag sterker. En julle almal se liefde vir mekaar word net al hoe groter.