2 Thessalonians 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat ons self in julle roem in die gemeentes van God vir julle geduld en geloof in al julle vervolginge en verdrukkinge wat julle verduur.
Afrikaans (NLV) 2011
Gevolglik vertel ons self met trots in God se gemeentes hoe julle volhard en glo onder al die vervolging en swaarkry wat julle verduur.
Afrikaans 1933/1953
sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur --
Afrikaans 1983
Daarom praat ons met trots van julle in al die gemeentes van God en vertel ons van julle volharding en geloof onder al die vervolging en lyding wat julle moet verduur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom spog ons op ons beurt onder die •gemeentes van God oor julle volharding en geloofsvertroue, te midde van al die vervolging en verdrukking wat julle verduur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sê ons mooi dinge oor julle in die ander gemeentes van God. Ons vertel vir hulle dat julle aanhou om lief te wees vir God en dat julle aanhou om vas te glo, ook wanneer julle baie swaar kry omdat mense baie slegte dinge aan julle doen en julle verdruk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer ons by die ander gemeentes van God kom, spog ons graag met julle. Ons vertel vir hulle hoe julle vas bly staan en bly glo ten spyte van al die vervolging en swaarkry wat julle moet verduur.