2 Thessalonians 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat 'n duidelike teken is van die regverdige oordeel van God, sodat julle die koninkryk van God waardig geag kan word, waarvoor julle ook ly.
Afrikaans (NLV) 2011
God sal die dinge wat julle deurmaak, gebruik om te wys dat Hy regverdig oordeel. Dit sal daarop uitloop dat julle waardig beskou sal word om in God se koningsheerskappy te deel. Dit is hiervoor dat julle ly.
Afrikaans 1933/1953
'n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
Afrikaans 1983
Dit alles is 'n bewys van die regverdige oordeel van God, naamlik dat Hy julle geskik geag het vir sy koninkryk, waarvoor julle nou ook ly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is 'n bewys van die regverdige oordeel van God dat julle waardig geag word vir die •koninkryk van God, ter wille waarvan julle ook ly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle kry swaar, en dit wys dat God reg oordeel oor mense. Julle kry nou swaar omdat julle behoort aan God wat Koning is, maar so maak God julle gereed vir die tyd wanneer Hy Koning sal wees oor almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie mismoedig word nie. Sien al hierdie dinge eerder as ’n bewys dat julle op die regte pad is. Julle hoef glad nie meer te twyfel dat God julle gekies het om deel te hê aan sy nuwe wêreld nie, want julle glo so vas in Hom dat julle bereid is om ter wille van Hom te ly.