2 Thessalonians 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En rus saam met ons vir julle wat verdruk is, wanneer die Here Jesus saam met sy magtige engele uit die hemel geopenbaar sal word,
Afrikaans (NLV) 2011
Hy sal rus gee aan julle wat verdruk word — en ook aan ons. Dit sal gebeur wanneer die Here Jesus met sy magtige engele vanuit die hemel verskyn.
Afrikaans 1933/1953
en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
Afrikaans 1983
en aan julle lyding, en ons s'n, sal Hy 'n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en verligting te gee aan julle wat saam met ons verdruk word. Hy sal dit doen deur die openbaring van die Here Jesus uit die hemel saam met sy magtige engele,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle kry nou swaar, maar God sal julle help sodat julle en ook ons nie meer sal swaarkry nie. Hy sal dit doen wanneer Hy uit die hemel die Here Jesus vir al die mense sal wys sodat hulle Hom sal sien. Dit sal gebeur wanneer Jesus van die hemel af kom saam met sy sterk engele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God sal julle swaarkry laat ophou op daardie dag wanneer die Here Jesus saam met al sy sterk engele terugkom.