2 Thessalonians 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In vlammende vuur wat wraak neem op die wat God nie ken nie en die evangelie van onse Here Jesus Christus nie gehoorsaam nie.
Afrikaans (NLV) 2011
In ’n vlammende vuur sal Hy die mense straf wat God nie ken nie; dit is húlle wat hulle nie gesteur het aan die Goeie Nuus van ons Here Jesus nie.
Afrikaans 1933/1953
in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Afrikaans 1983
in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
in 'n vuurvlam, terwyl Hy wraak uitoefen op hulle wat God nie erken, en die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal wees soos 'n vuur wat brand. Hy sal almal straf wat nie vir God ken nie, dit is almal wat nie wou luister nie toe ons die goeie boodskap van ons Here Jesus gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle koms sal soos ’n reusevuur wees wat in die hemel verskyn. Dan sal Hy almal straf wat nie in God glo nie. Almal wat geweier het om die goeie nuus oor ons Here Jesus te glo sal op daardie dag in groot moeilikheid wees.