2 Timothy 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar dit word nou geopenbaar deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en lewe en onsterflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie.
Afrikaans (NLV) 2011
En nou het Hy dit alles aan ons duidelik gemaak deur die koms van Christus Jesus, ons Verlosser, wat die mag van die dood verbreek het en aan ons, deur die Goeie Nuus, die weg gewys het na die onverganklike lewe.
Afrikaans 1933/1953
maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie,
Afrikaans 1983
Hierdie genade is nou aan ons geopenbaar deur die koms van ons Verlosser, Christus Jesus: Hy het die mag van die dood gebreek en deur die evangelie die onverganklike lewe aan die lig gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en nou is dit geopenbaar deur die verskyning van ons Verlosser, Christus Jesus, wat die dood vernietig het, en die lewe en die onverganklikheid deur die evangelie aan die lig gebring het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En nou het God dit vir ons gewys sodat ons dit self kon sien. Christus Jesus het gekom, Hy is die Een wat ons red. Hy het die dood heeltemal oorwin toe Hy die goeie boodskap gebring het, die goeie boodskap wat duidelik vir ons wys wat die lewe is wat nooit sal ophou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Christus Jesus, wat vir ons ons saak met God regmaak, het aarde toe gekom en nou kan ons almal duidelik sien hoe goed God vir ons is. Christus Jesus het die dood wat so ’n houvas op ons almal gehad het, se mag kom breek. Hy het die pad na die ware lewe vir ons oopgemaak sodat ons geestelik vir ewig kan lewe. Dit is die goeie nuus wat Jesus vir ons gebring het.