2 Timothy 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hou vas aan die vorm van gesonde woorde wat jy van my gehoor het, in geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
Afrikaans (NLV) 2011
Hou vas aan die maatstaf van gesonde lering wat jy van my geleer het. En onthou om te lewe in die geloof en liefde wat jy in Christus Jesus het.
Afrikaans 1933/1953
Hou as voorbeeld van gesonde woorde die wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
Afrikaans 1983
Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hou, as voorbeeld van die suiwer leer, vas aan dit wat jy van my gehoor het; doen dit in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy het gehoor hoe ek vir mense die regte dinge geleer het. Dit moet vir jou 'n voorbeeld wees hoe jy vir mense moet leer, en jy moet aanhou om in Christus Jesus te glo en om lief te wees vir mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy onthou seker nog hoe ons oor al die dinge van die Here gepraat het. As jy oor iets wonder, dink terug daaraan en laat jou lei deur wat ek gesê het. Vertrou op die Here en wees lojaal teenoor Hom en almal wat Syne is.