2 Timothy 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die goeie ding wat aan jou toevertrou is, bewaar deur die Heilige Gees wat in ons woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is.
Afrikaans 1933/1953
Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.
Afrikaans 1983
Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bewaar die kosbare pand wat aan jou toevertrou is deur die Heilige Gees wat in ons woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het vir jou dinge gegee wat baie goed is, jy moet dit goed oppas. Die Heilige Gees wat in ons woon, sal jou help om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk mooi na al hierdie pragtige dinge wat God vir jou gegee het. Die Heilige Gees wat in elkeen van ons is, sal jou help om dit goed op te pas.