2 Timothy 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die Here gee barmhartigheid aan die huis van Onesiforus; want hy het my dikwels verkwik en hom nie geskaam oor my ketting nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die Here ontferming aan Onesiforus en sy hele huishouding bewys, want hulle het my dikwels besoek en bemoedig. Hy was nooit skaam omdat ek in die tronk is nie.
Afrikaans 1933/1953
Mag die Here aan die huis van Ones¡forus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;
Afrikaans 1983
Mag die Here barmhartigheid bewys aan die huisgesin van Onesiforus, want hy het my dikwels kom opbeur. Hy het hom nie daarvoor geskaam dat ek in boeie sit nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag die Here barmhartigheid bewys aan Onesiforus se huisgesin, want hy het my dikwels opgebeur en hom nie vir my boeie geskaam nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat die Here baie goed sal wees vir die huisgesin van Onesiforus, want hy het baie maal vir my gesê om sterk te wees en nie moedeloos te word nie. Hy was ook nie skaam oor my omdat ek in die tronk was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Onesiforus was egter nie skaam dat ek hier in die tronk sit nie. Hy het gereeld vir my kom kuier. Mag God daarom ook vir hom en sy huisgesin baie liefde bewys en goed wees vir hulle.