2 Timothy 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die Here gee aan hom dat hy op dié dag barmhartigheid by die Here kan vind; en in hoeveel dinge Hy my in Éfese bedien het, weet jy baie goed.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die Here aan hom ontferming bewys op die dag van Christus se wederkoms. En jy weet hoe baie hy my in Efese gehelp het.
Afrikaans 1933/1953
Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in die dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Âfese bewys het.
Afrikaans 1983
Mag die Here gee dat hy by Hom ontferming vind op die dag dat Hy weer kom. En wat Onesiforus alles in Efese vir my gedoen het, weet jy self baie goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag die Here gee dat hy op daardie dag barmhartigheid by Hom vind. Jy weet tog baie goed hoeveel diens hy in Efese aan my bewys het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat die Here, wanneer Hy weer kom, goed sal wees vir Onesiforus. En jy weet baie goed hoe baie dinge Onesiforus vir my gedoen het in die stad Efese.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy self weet ook mos hoe hy my in Efese gehelp het. Mag die Here vir hom baie goed wees wanneer Hy weer kom.