2 Timothy 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan Timoteus, my geliefde seun: Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek skryf aan Timoteus, my geliefde kind. Mag God ons Vader en Christus Jesus ons Here aan jou genade, ontferming en vrede gee.
Afrikaans 1933/1953
aan TimotheÂs, my geliefde kind: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!
Afrikaans 1983
Aan Timoteus, my geliefde seun. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
aan Timoteus, my geliefde kind: Genade, barmhartigheid en vrede van God, die Vader, en Christus Jesus, ons Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir jou, Timoteus. Jy is vir my soos my kind, ek is lief vir jou. Ek bid dat God die Vader en Christus Jesus ons Here genadig sal wees vir jou en dat Hy goed sal wees vir jou wanneer jy swaarkry. Ek bid ook dat Hy vir jou vrede sal gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek skryf die brief vir my geestelike kind, Timoteus, vir wie ek so lief is. Mag God die Vader en Christus Jesus ons Here vir jou baie goed wees en jou in sy liefde omvou. Mag jy die vrede ervaar wat net Hulle vir mense kan gee.