2 Timothy 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek dank God wat ek van my voorvaders met rein gewete dien, dat ek sonder ophou aan U dink in my gebede dag en nag;
Afrikaans (NLV) 2011
Timoteus, ek dank God vir jou. Hy is die God wat ek met ’n skoon gewete dien, net soos my voorouers gedoen het. Ek onthou jou voortdurend, dag en nag, in my gebede.
Afrikaans 1933/1953
Ek dank God, wat ek van my voorouers af in 'n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
Afrikaans 1983
Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek dien God soos my voorouers Hom ook gedien het. Ek weet wat is reg en wat is verkeerd, ek het niks gedoen wat verkeerd is nie. Ek bid gedurig tot God, elke dag en nag, en wanneer ek dit doen, dan dink ek aan jou en dan sê ek vir God dankie vir jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soos my voorouers God gedien het, dien ek Hom ook met ’n skoon gewete omdat ek my plig gedoen het. Wanneer ek met hierdie God in gebed praat, dink ek ook aan jou, maak nie saak of dit dag of nag is nie. Ek sê dan vir Hom baie dankie vir jou.