2 Timothy 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek verlang baie om jou te sien, gedagtig aan jou trane, sodat ek met blydskap vervul kan word;
Afrikaans (NLV) 2011
Ek verlang om jou weer te sien, want ek onthou jou trane toe ons uitmekaar is. En ek sal vol vreugde wees as ons weer bymekaar is.
Afrikaans 1933/1953
terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink, sodat ek met blydskap vervul kan word,
Afrikaans 1983
Ek onthou jou afskeidstrane en wil jou baie graag weer sien. Dit sal vir my 'n groot vreugde wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As ek aan jou trane terugdink, verlang ek daarna om jou te sien, sodat ek met blydskap vervul kan word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek onthou hoe hartseer jy was en ek wil jou graag weer sien, want dan sal ek baie bly wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek onthou nog hoe jy gehuil het toe ek laas daar weg is. Ek verlang baie na jou en dit sal vir my baie lekker wees om jou weer te sien.