2 Timothy 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As ek die ongeveinsde geloof wat in jou is, in herinnering roep, wat eers in jou grootmoeder Loïs en jou moeder Eunice gewoon het; en ek is daarvan oortuig ook in jou.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek dink terug aan jou opregte geloof. Eers het jou ouma Loïs en jou ma Eunice hierdie geloof gehad en — daarvan is ek seker — jy het dit ook.
Afrikaans 1933/1953
en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Lo‹s en in jou moeder Eun¡ce, en wat -- daarvan is ek oortuig -- ook in jou is.
Afrikaans 1983
Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek dink steeds aan jou opregte geloof, daardie geloof wat eers in jou ouma Loïs, en in jou moeder Eunice was – en ek is oortuig dat dit ook in jou is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek onthou dat jy waarlik in Christus glo. Jou ouma Loïs en jou ma Eunice het ook in Christus geglo. Ek is baie seker dat jy nou ook in Christus glo, soos hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek dink nogal baie aan jou en hoe opreg jy op die Here vertrou. Jy aard so reg na jou ouma Loïs en jou ma Eunice. Ek weet dat jy ook op die Here vertrou soos hulle.