2 Timothy 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom herinner ek jou dat jy die gawe van God wat in jou is, verwek deur die oplegging van my hande.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.
Afrikaans 1933/1953
Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.
Afrikaans 1983
Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Om hierdie rede herinner ek jou om die genadegawe van God, wat in jou is, deurdat ek jou die hande opgelê het, opnuut aan te vuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sê ek jy moet onthou dat God 'n genadegawe vir jou gegee het. Hy het dit vir jou gegee toe ek my hande op jou gesit het. Jy moet onthou om daardie genadegawe altyd weer lewendig te laat word, soos 'n vuur wat weer lewendig word wanneer jy dit blaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy onthou mos dat God jou ’n baie spesiale gawe gegee het toe ek my hande op jou gelê het. Maak seker dat daardie gawe net al hoe sterker word.