2 Timothy 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie; maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Afrikaans (NLV) 2011
Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.
Afrikaans 1933/1953
Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Afrikaans 1983
Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het ons tog nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het die Heilige Gees vir ons gegee, en daarom is ons nie bang nie. Nee, die Heilige Gees maak ons sterk en help ons om lief te wees vir mense en om reg te besluit wat ons moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk, gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.