2 Timothy 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, met ewige heerlikheid kan verkry.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek is bereid om vir dié wat deur God gekies is, enigiets te verduur as dit vir hulle deur Christus Jesus verlossing en ewige heerlikheid sal bring.
Afrikaans 1933/1953
Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.
Afrikaans 1983
Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook hulle die verlossing, wat daar in Christus Jesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom verduur ek dit alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook hulle die verlossing in Christus Jesus met ewige heerlikheid kan verkry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom is ek tevrede en hou ek aan om te doen wat ek moet doen. God het mense gekies, en ek doen dit vir daardie mense. Ek wil hê dat Christus Jesus ook vir hulle moet red en dat hulle vir altyd by God kan wees, God wat Koning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom gee ek nie om om swaar te kry nie. Ek doen dit ter wille van die mense wat God gekies het. So kan hulle saak met God ook reg wees omdat hulle Jesus s’n is en kan hulle voel hoe wonderlik dit is om ’n Christen te wees. Dit is iets wat niemand van ons kan wegvat nie. Dit sal vir ewig duur.