2 Timothy 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is 'n betroubare woord: Want as ons saam met Hom dood is, sal ons ook saam met Hom lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie woord is absoluut waar: As ons saam met Hom sterf, sal ons ook saam met Hom lewe.
Afrikaans 1933/1953
Dit is 'n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.
Afrikaans 1983
Dit is 'n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dié uitspraak is betroubaar: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wat ek nou wil sê, is waar: Christus het gesterf, en ons het saam met Hom gesterf. God het vir Christus weer laat lewe, daarom sal ons ook saam met Christus lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek praat die waarheid: as ons saam met Jesus gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef.