2 Timothy 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As ons ly, sal ons ook saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
Afrikaans (NLV) 2011
As ons verdrukking ly, sal ons saam met Hom regeer. As ons Hom ontken, sal Hy ons ook ontken.
Afrikaans 1933/1953
As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
Afrikaans 1983
as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
as ons aanhou volhard, sal ons ook saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As ons aanhou om in Christus te glo, dan sal ons ook saam met Hom regeer soos konings. As ons nie vir mense wil sê dat ons aan Christus behoort nie, dan sal Christus sê dat ons nie aan Hom behoort nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ons nie moed verloor nie, maar vasbyt, sal ons ook eendag saam met Hom heers. As ons egter sê dat ons Hom nie wil ken nie, sal Hy dieselfde van ons sê.