2 Timothy 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar in 'n groot huis is daar nie net voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en grond; en sommige tot eer en sommige tot oneer.
Afrikaans (NLV) 2011
In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik.
Afrikaans 1933/1953
Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.
Afrikaans 1983
In 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en klei. Sommige is vir besondere gebruik en ander vir die alledaagse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In 'n groot huis is daar nie net goue en silwervoorwerpe nie, maar ook voorwerpe van hout en klei – sommige is vir fatsoenlike gebruik, ander onfatsoenlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In 'n groot huis is daar borde en bakke van goud en silwer, maar daar is ook dinge van hout en klei. 'n Mens gebruik party dinge wanneer daar 'n spesiale fees is, en 'n mens gebruik party dinge elke dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In ’n spoggerige huis kry ’n mens allerhande voorwerpe. Daar is pragtige goue of silwerbakke. Hulle word net by spesiale geleenthede uitgehaal en gebruik. Daar is ook bakke wat sommer van hout of klei gemaak is en wat elke dag gebruik word. Net so gaan dit in die geestelike lewe.