2 Timothy 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As iemand hom dan hiervan reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en geskik vir die heer se gebruik, en voorberei vir elke goeie werk.
Afrikaans (NLV) 2011
As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.
Afrikaans 1933/1953
As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
Afrikaans 1983
As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy 'n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As iemand homself dan gereinig het van hierdie dinge, sal hy 'n fatsoenlike voorwerp wees: afgesonder, bruikbaar vir die Eienaar, geskik vir elke goeie werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Mens moet jouself reinig van al die verkeerde dinge, jy moet wegbly van die verkeerde dinge. Dan sal jy wees soos 'n spesiale bord of bak. Jy sal dan gewy wees, en jou Eienaar sal jou goed kan gebruik, want jy sal dan enige iets kan doen wat goed is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As iemand ontslae geraak het van al die verkeerde dinge in sy lewe en God het hom vergewe, is hy so spesiaal soos een van daardie mooi, duur bakke. Hy sal net aan die Here behoort en sal reg staan sodat sy Here hom vir enigiets kan gebruik, net waarvoor sy Here hom nodig het.