2 Timothy 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar dwase en ongeleerde vrae vermy, omdat hulle weet dat hulle geslagsstryd voer.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sê weer, moenie betrokke raak in dwase, onsinnige argumente wat net twis veroorsaak nie.
Afrikaans 1933/1953
En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
Afrikaans 1983
Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie, want jy weet tog dat dit net rusies veroorsaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar vermy die dwase en afbrekende twisgesprekke, omdat jy weet dat dit aanleiding gee tot rusies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moenie soos party ander mense stry oor dwase dinge nie. Die mense wat nog niks geleer het nie, doen dit. Jy weet dat hierdie dinge mense laat baklei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie in belaglike argumente betrokke raak en met mekaar sit en stry nie, want dit sal net maak dat julle aan die baklei raak.